pensionaris [boodskap #135729] |
Sat, 13 February 2021 21:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pensionaris
Afbreking: pen•sio•na•ris
Selfstandige naamwoord: pensionaris
Meervoud: pensionarisse
Verkleinwoord: pensionarissie
Meervoud van verkleining: pensionarissies
Betekenis:
• (verouderd) Afgetrede person wat pensioen ontvang. Sien pensioenaris.
• (histories) Regsgeleerde in diens van 'n stad of streek in die Lae Lande.
Gebruik:
• 'n Arm pensionaris (sic) behoort darem so 'n bietjie afslag te kry.
• Die hooftaak van die pensionaris was om die administrasie van 'n stad of streek in regsaangeleenthede te adviseer.
Afgelei:
• raadpensionaris
• stadspensionaris
Vertaling:
Engels: pensionary
Nederlands: pensionaris
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|