kreefdig [boodskap #135717] |
Fri, 12 February 2021 15:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kreefdig
Afbreking: kreef•dig
Samestelling: kreef + dig
Selfstandige naamwoord: kreefdig
Meervoud: kreefdigte
Verkleinwoord: kreefdiggie
Meervoud van verkleining: kreefdiggies
Betekenis:
• 'n Gedig wat van agter na voor, en van voor na agter gelees kan word.
Gebruik:
• Die heen-en-weer-lesery van 'n kreefdig herinner aan die vreemde manier waarop 'n kreef loop.
Sinoniem:
• retrograde
Verwant:
• palindroom
Vertaling:
Engels: palindrome poem, mirrored poem
Nederlands: kreeftdicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|