justeer [boodskap #135714] |
Fri, 12 February 2021 12:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
justeer
Afbreking: jus•teer
Werkwoord: justeer
Verlede tyd: het gejusteer
Betekenis:
• Teks reg rig of belyn.
• Op die juiste maat bring; juis maak.
Gebruik:
• Justeer die paragraaf na regs.
• Vroeër jare is goue muntstukke wat te swaar weeg met 'n vyl gejusteer.
Sinoniem:
• belyn
• oriënteer
• yk
Afgelei:
• justeerder
• justeernaald
• justeerskaal
• justeervyl
• justering
Vertaling:
Engels: to justify; to adjust
Nederlands: justeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|