sindroom [boodskap #135709] |
Fri, 12 February 2021 08:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sindroom
Afbreking: sin•droom
Selfstandige naamwoord: sindroom
Meervoud: sindrome
Verkleinwoord: sindroompie
Meervoud van verkleining: sindroompies
Betekenis:
• Die sameloop van kliniese verskynsels of simptome waaraan 'n siekte herken word.
Gebruik:
• Parkinson-siekte is 'n neurologiese sindroom van die sentrale senuweestelsel wat manifesteer soos dopamienvlakke in die brein afneem.
Sinoniem:
• siektebeeld
• simptomegroep
Hiponiem:
• Aspergersindroom
• Down-sindroom
• immuniteitsgebreksindroom
• Stockholmsindroom
• Tourette-sindroom
Vertaling:
Engels: syndrome
Nederlands: syndroom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|