Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans en Nederlands
Afrikaans en Nederlands [boodskap #14464] Sun, 10 May 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri skryf:

> Arthur Hagen skryf:
>
>> Blijf deze groep volgen en draag af en toe iets bij aan de discussies; het
>> biedt je een andere blik op je eigen taal (soms zie je worden die je alleen
>> nog in oude boeken tegen komt) en er hangen hier heel wat sympathieke
> mensen
>> rond.
>
> Arthur, my kerk sê ek mag nie oor evolusie praat nie, want ek maak die
> kinders deurmekaar. Wat jy hier noem, raak een van die kernpunte van Darwin
> se teorie aan, naamlik dat geografiese skeiding 'n stimulus is vir
> evolusionêre verandering, net op 'n ander vlak.

Ek is nou nie so seker oor die idee van 'n "stimulus vir evolusionêre
verandering" as 'n biologiese teorie nie.

Maar die feit is dat hedendaagse Afrikaans en hedendaagse Nederlands albei
afstam van sewentiede-eeuse Nederlands. Sedertdien het die twee tale in
verskillende omgewings ontwikkel.

Jy vind dus in hedendaagse Nederlands ook vele woorde wat in Afrikaans as
argaïes beskou sou word. (En, soos Arthur aangetoon het, is feitlik die hele
grammatika van Nederlands argaïes vir die Afrikaanse oog).

Groete, Leendert
Re: Afrikaans en Nederlands [boodskap #14495 is 'n antwoord op boodskap #14464] Mon, 11 May 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jennifer Lynne  is tans af-lyn  Jennifer Lynne
Boodskappe: 54
Geregistreer: May 1998
Karma: 0
Volle Lid
>

Ek stem nie met jou saam nie, Leendert.Toe ek nog in SA bly, het ek meer dan
eens die Voortrekker Monument by Pretoria besoek. (Is dit nog daar in
oorspronkelike staat?) En daar het ek aanskou hoe die boere generaals soos
Christiaan de Wet en die Bothas van die wereld Nederlands gepraat het. Hul
skrywe was in amper perfekte Nederlands. Ek is seker hul sou met aksente gepraat
het maar glad nie soos die Afrikaans vandag klink nie. Daardie klank het sy
deurbraak gemaak toe Afrikaans in 1929 offisieel die daglig sien. Ek het
stories gehoor van ou mense wat in daardie tyd kinders was en donkie ore op hul
koppe moes draag as hulle die "wet" oortree en Engels of Nederlands praat. Ek
sou amper wil beweer dat Afrikaans hom versprei het in die twintigste eeu soos
Islam hom versprei het in die verlede: onder druk.
Bai de Wee...(ny the way) Leendert is 'n regtige Nederlandse naam. Is U
Nederlands?

> Maar die feit is dat hedendaagse Afrikaans en hedendaagse Nederlands albei
> afstam van sewentiede-eeuse Nederlands. Sedertdien het die twee tale in
> verskillende omgewings ontwikkel.
>
> Jy vind dus in hedendaagse Nederlands ook vele woorde wat in Afrikaans as
> argaïes beskou sou word. (En, soos Arthur aangetoon het, is feitlik die hele
> grammatika van Nederlands argaïes vir die Afrikaanse oog).

Archaic (hoe kry ek die twee puntjies op die i?) Ek sou altyd al wil weet waar
die woorde kombers en sambreel van afstam. Iemand?

Groetnes,

Jennifer
Re: Afrikaans en Nederlands [boodskap #14496 is 'n antwoord op boodskap #14464] Mon, 11 May 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
Jennifer Lynne writes: >

Ek is seker hul sou met aksente gepraat
> het maar glad nie soos die Afrikaans vandag klink nie. Daardie klank het sy
> deurbraak gemaak toe Afrikaans in 1929 offisieel die daglig sien. Ek het
> stories gehoor van ou mense wat in daardie tyd kinders was en donkie ore op hul
> koppe moes draag as hulle die "wet" oortree en Engels of Nederlands
praat.

Jirre, hoe word die Geskiedenis herskryf!
Ek het nie geweet dat sommige Afrikaners al
van 1929 af vir ander terroriseer as hulle
nie Afrikaans praat nie, maar Engels of
Nederlands! Die arme Engelsmannetjies met
donkie-ore op die kop, en dit na 1929. En
die arme mense met donkie-ore wat nog
probeer Nederlands praat na 1929. Ek dink
hulle het my oupa gemis. Hy het nog altyd
uit die Nederlandse bybel gelees en op
sy manier in Nederlands probeer bid by
die huisgodsdiens en dit tot hy dood is
in die vroeg-vyftigerjare.

Gloudina
Re: Afrikaans en Nederlands [boodskap #14550 is 'n antwoord op boodskap #14464] Tue, 12 May 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jennifer Lynne heeft geschreven in bericht ...
>
> Ek stem nie met jou saam nie, Leendert.Toe ek nog in SA bly, het ek meer dan
> eens die Voortrekker Monument by Pretoria besoek. (Is dit nog daar in
> oorspronkelike staat?) En daar het ek aanskou hoe die boere generaals soos
> Christiaan de Wet en die Bothas van die wereld Nederlands gepraat het. Hul
> skrywe was in amper perfekte Nederlands. Ek is seker hul sou met aksente gepraat
> het maar glad nie soos die Afrikaans vandag klink nie. Daardie klank het sy
> deurbraak gemaak toe Afrikaans in 1929 offisieel die daglig sien. Ek het
> stories gehoor van ou mense wat in daardie tyd kinders was en donkie ore op hul
> koppe moes draag as hulle die "wet" oortree en Engels of Nederlands praat. Ek
> sou amper wil beweer dat Afrikaans hom versprei het in die twintigste eeu soos
> Islam hom versprei het in die verlede: onder druk.
> Bai de Wee...(ny the way) Leendert is 'n regtige Nederlandse naam. Is U
> Nederlands?

Jy maak 'n fout, Jenifer. Nederlands was, waarskynlik sedert diep in die
18de eeu, 'n vreemde skryftaal vir mense wie se spreektaal baie naby aan die
moderne Afrikaans was. Mense soos De Wet & Kie (by die Voortrekkermonument?)
was hoogsopgevoede mense wat Nederlands beide as spreek - en skryftaal goed
beheers het, maar dit was nie hul moedertaal nie - iets soos 'n Fries wat
Fries praat, maar ook Nederlands - die verskil tussen Afrikaans en
Nederlands is egter veel kleiner as tussen Fries en Nederlands (volgens my).

Die kenmerke van Afrikaanse spreektaal is sover terug as 1840's in
Maleiergeskrifte opgeteken. In die geskrifte van mense wat nie Nederlands so
goed beheers nie, is dit net so merkbaar - die mees bekende voorbeeld is die
Dagboek van Louis Trichardt (circa 1835) en 'n baie interessante een is die
dagboek van Susanna Smit (1840-1851) waarvan groot dele aangehaal word in
Karel Schoeman se "Die wêreld van Susanna Smit". Die spore van die
Afrikaanse spreektaal is ooral in geskrifte soos hierdie merkbaar aan die
foute wat hulle met die Nederlands maak.

>
> Archaic (hoe kry ek die twee puntjies op die i?) Ek sou altyd al wil weet waar
> die woorde kombers en sambreel van afstam. Iemand?

Alt 139 - Arga�es :-)

Groete, Leendert
Re: Afrikaans en Nederlands [boodskap #14551 is 'n antwoord op boodskap #14464] Tue, 12 May 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hannes Cilliers  is tans af-lyn  Hannes Cilliers
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jennifer Lynne skryf in
nuusitem...
>
[knip]
>> Jy vind dus in hedendaagse Nederlands ook vele woorde wat in Afrikaans as
>> argaïes beskou sou word. (En, soos Arthur aangetoon het, is feitlik die hele
>> grammatika van Nederlands argaïes vir die
Afrikaanse oog).
>
> Archaic (hoe kry ek die twee puntjies op die i?) Ek sou altyd al wil weet waar
> die woorde kombers en sambreel van afstam. Iemand?
>
> Groetnes,
>
> Jennifer
>
Daar is 'n maklike manier om die Afrikaanse
leestekens reg te kry. Gaan na Control Panel,
Keyboard,
Language en dubbelklik op die blou strook reg
onder Layout. Verander
nou die Keyboard Layout na *United States
International*. Jy sal nou
gevra word vir jou CD of 'n spesifieke stiffie.
Hierna werk die sleutelbord soos 'n ou tikmasjien.
Tik eers die " of ^
of ' of ` en daarna die klinker wat jy wil hê.
Voortaan sal jou rekenaar Afrikaans kan praat.
As jy 'n sin begin met 'n aanhaling en 'n klinker,
druk net die
spasiebalk ná die aanhalingsteken. Tik dan die
klinker.

Groete

Hannes
Re: Afrikaans en Nederlands [boodskap #14552 is 'n antwoord op boodskap #14464] Tue, 12 May 1998 00:00 Na vorige boodskap
Jennifer Lynne  is tans af-lyn  Jennifer Lynne
Boodskappe: 54
Geregistreer: May 1998
Karma: 0
Volle Lid
> Mense soos De Wet & Kie (by die Voortrekkermonument?)
> was hoogsopgevoede mense wat Nederlands beide as spreek - en skryftaal goed
> beheers het, maar dit was nie hul moedertaal nie...

Ek het my laat vertel dat Chrisiaan de Wet 'n eerste generatie Nederlander was,
nes Paul Kruger en resentelik Hendrik Verwoerd. Die laaste twee is GROOT name
in die Afrikaanse geskiedenis maar hul moers taal was Nederlands.

> Die kenmerke van Afrikaanse spreektaal is sover terug as 1840's in
> Maleiergeskrifte opgeteken. In die geskrifte van mense wat nie Nederlands so
> goed beheers nie, is dit net so merkbaar.

Ek weet nou nie regtig of jy met 'Maleier' die hedendaagse Indonesier bedoel of
nie. Indien wel, kan ek jou verseker dat die grootste deel van hulle die
Nederlands baie goed beheers het, sy dit met 'n accent en 'n klemtoon op die "D"
en ietwat omgedraaide "P" en "V" in die alfabet. Dit het tot 1948 voortgeduur
toe die Nederlanders uit Indonesie uitgeskop is deur Sukarno toe hulle nie die
nasionaliteit wou aanvaar nie.

Ek is my bewus van die invloed wat Maleis op Afrikaans gehad het alhoewel dit
baie minder is dan wat party mense dink. Die dubbel woorde soos plek-plek soos
in... Dit reen plek-plek. Ek sal nou-nou daar wees... woorde soos bredie,
blatjang ens. Die dubbel woorde dui op 'n verkleining van iets wat groter was.
Soos die Maleise woord "Anak" kind beteken, so is "Anak-Anak" 'n klein kind.
Plek-plek sou dus 'n klein plekkie kan beteken maar word deesdae meer as "local"
vertaal. Dis nie te se dat die dubble woord altyd een verkleining veurstel nie.
Deng-deng is die Maleise woord vir biltong. Anders dan dat jy nou een koei of
wildebees tot flenters fyngehak het en aan die plafon te droe het gehang het dit
maar min uit te waai met "klein".

> (hoe kry ek die twee puntjies op die i?) Alt 139 - Argaïes :-)
>
> Jammer maar dit werk blykbaar nie in Netscrape 4 nie. Ek sal bedonnerd wees
> om nog een groot Microshaft sagteware monster op my rekenaar te laai, die
> hoeveelheid MS sagteware is al klaar een groot gemors op my arm masjientjie.
> ;o

Oppas, ek is seker ek gaan weer 'n groot lawaai uit Kanada kry op my post... van
die tannie met die tande.

Jennifer (twee "n"s ;-)p
Vorige onderwerp: "New" South Africa.
Volgende onderwerp: DIE GROOTSTE DROLLE OP AARDE..................
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 05:21:05 UTC 2024