patologies [boodskap #135706] |
Thu, 11 February 2021 20:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
patologies
Afbreking: pa•to•lo•gies
Byvoeglike naamwoord: patologies
Attributief: patologiese
Betekenis:
• Met betrekking tot, of as gevolg van siekte.
Gebruik:
• Rooi kolle op die lyf is nie normaal nie, dis patologies.
• Hy is 'n patologiese leuenaar. As die toestand patologies is, moet die onderliggende siekte behandel word.
Sinoniem:
• ongesond
• sieklik
Afkorting:
• patol.
Verwant:
• patologie
• patoloog
Vertaling:
Engels: pathologic, pathological
Nederlands: pathologisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|