afgeleë [boodskap #135701] |
Thu, 11 February 2021 13:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afgeleë
Afbreking: af•ge•le•ë
Uitspraak: /ˈaf.χəˌlɪə/
Byvoeglike naamwoord: afgeleë
Attributief: afgeleë
Intensief: verafgeleë
Betekenis:
• Wat ver verwyder en/of afgesonder is.
Gebruik:
• Lekkersing is 'n dorpie in die afgeleë Richtersveld in die Namakwaland wat deur swart heuwels omring is.
Sinoniem:
• afgesonder
• eensaam
• geïsoleer
• ver
• verafgeleë
• verwyderd
Antoniem:
• nabygeleë
Afgelei:
• afgeleënheid
• afgeleëntheid
Vertaling:
Engels: remote, distant, far away
Nederlands: afgelegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|