paai [boodskap #135697] |
Thu, 11 February 2021 07:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21089 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
paai
Afbreking: paai
Werkwoord: paai
Verlede tyd: het gepaai
Betekenis:
• Om iemand met mooi woorde en leë beloftes te probeer kalmeer en tevrede te stel.
Gebruik:
• 'n Geskenk in die stilte paai 'n man wat kwaad is; as dit versigtig aangebied word, laat dit heftige woede bedaar. [Spreuke 21:14]
Spreekwoord:
• Hulle aai en paai, maar dit help nie. [Hulle soebat en praat mooi, maar verniet.]
Sinoniem:
• gerusstel
• kalmeer
• pamperlang
• sus
• stilmaak
• troos
• vertroos
Afgelei:
• paaibeleid
• paaiboelie
• paaier
• paaierig
• paaiery
Vertaling:
Engels: to appease, delude, coax, soothe
Nederlands: paaien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|