Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mismoedig
mismoedig [boodskap #135693] Wed, 10 February 2021 16:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21089
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
mismoedig
Afbreking: mis•moe•dig


Byvoeglike naamwoord: mismoedig
Vergrotende trap: mismoediger
Oortreffende trap: mismoedigste
Attributief: mismoedige
Partitief: mismoedigs

Betekenis:
• Met 'n somber stemming; terneergedruk en sonder moed.

Gebruik:
• Alle mense raak by tye mismoedig en dit kan soms oorweldigend wees, maar daar is altyd lig aan die einde van die tonnel.

Sinoniem:
• bedruk
• bek-af
• depressief
• droef
• droefgeestig
• ellendig
• melancholies
• mistroostig
• moedeloos
• neerslagtig
• ontmoedig
• ontsteld
• pessimisties
• platgeslaan
• swaarmoedig
• terneergedruk
• triestig
• verdrietig
• wanhopig

Afgelei:
• mismoedigheid

Vertaling:
Engels: downcast, discouraged, dejected, down
Nederlands: mismoedig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: luim
Volgende onderwerp: krip
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 00:19:30 UTC 2025