| dreun [boodskap #135689] |
Wo., 10 Februarie 2021 13:46 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dreun
Afbreking: dreun
Werkwoord: dreun
Verlede tyd: het gedreun
Teenwoordige deelwoord: dreunend, dreunende
Betekenis:
• Om 'n lang en diep trillende geluid maak.
Gebruik:
• Die donderweer dreun dawerend oor die veld.
Sinoniem:
• dawer
• rommel
Vertaling:
Engels: to rumble, boom, roar
Nederlands: dreunen
Selfstandige naamwoord: dreun
Meervoud: dreune
Verkleinwoord: dreuntjie
Meervoud van verkleining: dreuntjies
Betekenis:
• Geluid van iets wat dreun; gedreun; gerommel.
Gebruik:
• 'n Mens kan aan die motor se dreun hoor dat iets nie heeltemal reg is nie.
Afgelei:
• dreungeluid
• dreuning
• dreunsang
• dreunstem
Vertaling:
Engels: rumble
Nederlands: dreun
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|