bakboord [boodskap #135682] |
Di, 09 Februarie 2021 20:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bakboord
Afbreking: bak•boord
Samestelling: bak + boord
Selfstandige naamwoord: bakboord
Meervoud: –
Betekenis:
• Die linkerkant van 'n skip of vliegtuig as mens na die voorkant toe kyk.
Gebruik:
• Volgens internasionale konvensie moet daar aan die bakboord van 'n vaartuig 'n rooi lig gemonteer wees.
Spreekwoord:
• Van bakboord na stuurboord stuur. [Iemand doelloos rondstuur.]
Antoniem:
• stuurboord
Afgelei:
• bakboordlig
• bakboordkant
Vertaling:
Engels: port side
Nederlands: bakboord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|