Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leenman
leenman [boodskap #135681] Di, 09 Februarie 2021 20:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
leenman
Afbreking: leen•man
Samestelling: leen + man


Selfstandige naamwoord: leenman
Meervoud: leenmanne
Verkleinwoord: leenmannetjie
Meervoud van verkleining: leenmannetjies

Betekenis:
• (histories) Persoon wat iets soos land, veiligheid, 'n blyplek of ambag in ruil vir persoonlike trou en militêre bystand in leen verkry het.

Gebruik:
• Die graaf van Vlaandere was 'n leenman van die koning van Frankryk.

Sinoniem:
• dienskneg
• kneg
• lyfeiene
• ondergeskikte
• slaaf
• vasal

Antoniem:
• leenheer

Afgelei:
• leenmanskap
• leenmanstrou

Vertaling:
Engels: a liege, feudatory, seignior, vassal
Nederlands: leenman

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kontant
Volgende onderwerp: bakboord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 26 02:00:30 MGT 2024