kontant [boodskap #135680] |
Di, 09 Februarie 2021 19:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kontant
Afbreking: kon•tant
Selfstandige naamwoord: kontant
Meervoud: –
Betekenis:
• Geld wat byderhand en onmiddellik beskikbaar is; muntstukke en papiernote.
Gebruik:
• Ek het nie kontant by my nie, kan ek met 'n kredietkaart betaal?
Afgelei:
• kontantfondse
• kontantgeld
• kontantgewasse
• kontantkroeg
• kontantoutomaat
• kontantprys
• kontantverkope
• kontantverkoping
• kontantvloei
• kontantvloeibegroting
• kontantvloeiprobleem
• kontantwaarde
Vertaling:
Engels: hard cash, ready money
Nederlands: contant
Byvoeglike naamwoord: kontant
Attributief: kontant
Betekenis:
• Met geld wat gereed en beskikbaar is; nie op skuld nie.
• Voorbarig en vrypostig wees.
Gebruik:
• Probeer om so ver as moontlik kontant te lewe en nie onnodige skuld aan te gaan nie.
• Hy is al te kontant met sy vuiste.
Spreekwoord:
• Hy is te kontant met sy mond. [Te gereed om te praat.]
Vertaling:
Engels: cash
Nederlands: contant
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|