literatuur [boodskap #135677] |
Di, 09 Februarie 2021 14:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
literatuur
Afbreking: li•te•ra•tuur
Selfstandige naamwoord: literatuur
Meervoud: literature
Verkleinwoord: literatuurtjie
Meervoud van verkleining: literatuurtjies
Betekenis:
• Die tekste wat in 'n bepaalde taal geskryf is.
• Die tekste wat oor 'n bepaalde onderwerp handel.
Gebruik:
• Literatuur kan opgedeel word in twee tegnieke, prosa en poësie, asook twee vorme, fiksie en nie-fiksie.
• Het julle enige literatuur oor die ruimte en buiteaardse lewe?
Sinoniem:
• letterkunde
Hiponiem:
• hygliteratuur
• jeugliteratuur
• streekliteratuur
• vakliteratuur
• volksliteratuur
Afgelei:
• literatuurgeskiedenis
• literatuurlys
• literatuurstudie
• literatuurwetenskap
Afkorting:
• lit.
Verwant:
• geskrifte
• leesstof
• lektuur
• pennevrug
Vertaling:
Engels: literature
Nederlands: literatuur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|