Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aframmel
aframmel [boodskap #135676] Di, 09 Februarie 2021 14:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aframmel
Afbreking: af•ram•mel
Samestelling: af + rammel


Werkwoord: rammel af, aframmel
Verlede tyd: het afgerammel

Betekenis:
• Vinnig en onverstaanbaar opsê, voorlees of dikteer.
• Iets slordig en onbehoorlik doen; afrits; opfoeter.
• 'n Rammelende geluid maak terwyl iets na benede beweeg.

Gebruik:
• Hy rammel sy toespraak af.
• Moenie jou werk so aframmel nie!
• Die bus kom sonder brieke by die straat afgerammel.

Afgelei:
• aframmeling

Vertaling:
Engels: to reel off, gabble; to rattle down
Nederlands: aframmelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: humanis
Volgende onderwerp: literatuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 26 02:05:20 MGT 2024