Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » migrasie
migrasie [boodskap #135674] Di, 09 Februarie 2021 11:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
migrasie
Afbreking: mi•gra•sie


Selfstandige naamwoord: migrasie
Meervoud: migrasies

Betekenis:
• Die verhuising van mense van die een plek na 'n ander.
• Die beweging van diere van die een plek na 'n ander (meestal seisoenaal).

Gebruik:
• Interne migrasie kan ook binne 'n land plaasvind, wat óf seisoenale menslike migrasie kan wees, óf die verskuiwings van mense in en uit die stede uit.
• Dit blyk dat die migrasie van sprinkane 'n jaarlikse verskynsel is en dat die sprinkane agter die reën aan trek.

Sinoniem:
• deurtog
• landverhuising
• trek
• trektog
• uittog
• verhuising
• volksverhuising
• wegtrek

Afgelei:
• arbeidsmigrasie
• bevolkingsmigrasie
• migrasiepatroon
• migrasieroete
• migrasievlug
• migrasietyd
• voëlmigrasie

Verwant:
• migreer

Vertaling:
Engels: migration
Nederlands: migratie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: visfuik
Volgende onderwerp: humanis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 26 02:16:55 MGT 2024