Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leenwoord
leenwoord [boodskap #135671] Di, 09 Februarie 2021 11:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20806
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
leenwoord
Afbreking: leen•woord
Samestelling: leen + woord


Selfstandige naamwoord: leenwoord
Meervoud: leenwoorde
Verkleinwoord: leenwoordjie
Meervoud van verkleining: leenwoordjies

Betekenis:
• 'n Woord wat vanuit een taal in 'n ander taal opgeneem is.

Gebruik:
• Woorde soos "bakkie", "boomslang" en "apartheid" is voorbeelde van Afrikaanse woorde wat in ander tale as 'n leenwoord opgeneem is.

Antoniem:
• erfwoord

Verwant:
• anglisisme

Vertaling:
Engels: loanword
Nederlands: leenwoord

Nota:
• 'n Leenwoord behou soms sy vreemde spelling as dit in 'n taal opgeneem word.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: boonop
Volgende onderwerp: sinekdogee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 29 15:02:34 MGT 2024