grootbaas [boodskap #135669] |
Ma, 08 Februarie 2021 19:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grootbaas
Afbreking: groot•baas
Samestelling: groot + baas
Selfstandige naamwoord: grootbaas
Meervoud: grootbase
Verkleinwoord: grootbasie
Meervoud van verkleining: grootbasies
Betekenis:
• Eienaar of senior bestuurder van 'n onderneming; die baas se baas, of bestuurder se bestuurder.
Gebruik:
• Hy loop vinnig by die grootbaas se kantoor verby om te bespied of dit 'n goeie dag is om vir 'n verhoging te vra.
Verwant:
• bestuurder
• eienaar
• kokkedoor
• voorman
Vertaling:
Engels: big boss
Nederlands: grote baas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|