negosiewinkel [boodskap #135668] |
Ma, 08 Februarie 2021 18:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
negosiewinkel
Afbreking: ne•go•sie•win•kel
Samestelling: negosie + winkel
Selfstandige naamwoord: negosiewinkel
Meervoud: negosiewinkels
Verkleinwoord: negosiewinkeltjie
Meervoud van verkleining: negosiewinkeltjies
Betekenis:
• (verouderd) Die winkel van 'n algemene handelaar wat 'n wye verskeidenheid van artikels verkoop (veral op die platteland).
Gebruik:
• 'n Mens kan maklik verlore raak in die dorp se ou negosiewinkel, waar jy bykans enige ding kan kry.
Sinoniem:
• basaar
• snuisterywinkel
Verwant:
• negosiant
• negosiegoed
Vertaling:
Engels: general store
Nederlands: negotiewinkel
Nota:
• Negosie is 'n ou naam vir koop-/handelsware.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|