paladyn [boodskap #135666] |
Ma, 08 Februarie 2021 15:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
paladyn
Afbreking: pa•la•dyn
Selfstandige naamwoord: paladyn
Meervoud: paladyne
Betekenis:
• (verouderd) 'n Slaafse aanhanger of voorstaander van iets.
• (histories) 'n Ridder of hofdienaar, deel van 'n vors se gevolg.
Gebruik:
• Dit help nie jy doen jou voor as 'n paladyn van geregtigheid nie.
• 'n Reusagtige standbeeld van die ridder Roland, 'n paladyn van Karel die Grote, is in 1404 op Bremen se stadsplein opgerig.
Sinoniem:
• beskermer
• ridder
Vertaling:
Engels: paladin
Nederlands: paladijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|