Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » adolessent
adolessent [boodskap #135665] Ma, 08 Februarie 2021 14:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20806
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
adolessent
Afbreking: a•do•les•sent


Selfstandige naamwoord: adolessent
Meervoud: adolessente
Verkleinwoord: adolessentjie
Meervoud van verkleining: adolessentjies

Betekenis:
• 'n Jeugdige persoon tussen 15 en 20 wat puberteit bereik het, maar nog nie volwasse is nie.

Gebruik:
• Die adolessent moet geleidelik meer onafhanklik word, maar steeds 'n liefdevolle verhouding met die ouers handhaaf.

Afgelei:
• adolessensie

Verwant:
• tiener

Vertaling:
Engels: adolescent
Nederlands: adolescent


Byvoeglike naamwoord: adolessent
Attributief: adolessente

Betekenis:
• Tydens adolessensie in die puberteitsjare, tipies tussen 15 en 20 jaar.

Gebruik:
Adolessente gedrag word dikwels deur 'n verskeidenheid van inkonsekwenthede gekenmerk.

Sinoniem:
• halfvolwasse
• halfwas

Vertaling:
Engels: adolescent
Nederlands: adolescent

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: selfversekerd
Volgende onderwerp: paladyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 29 15:05:24 MGT 2024