Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klaaglied
klaaglied [boodskap #135663] Ma, 08 Februarie 2021 11:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klaaglied
Afbreking: klaag•lied
Samestelling: klaag + lied
Uitspraak: /ˈklɑːχ.lit/


Selfstandige naamwoord: klaaglied
Meervoud: klaagliedere
Verkleinwoord: klaagliedjie
Meervoud van verkleining: klaagliedjies

Betekenis:
• Treurige lied waarin daar oor 'n situasie (soos die verlies van 'n beminde) gekla word.

Gebruik:
• Toe sy die klaaglied aanhoor het sy self terneergedruk geraak.

Sinoniem:
• elegie
• geklaag
• geweeklaag
• jeremiade
• lamentasie
• klaagsang
• roulied
• tranedal
• treurdig
• treurlied
• treursang

Verwant:
• Klaagliedere (Bybelboek)

Vertaling:
Engels: elegy, lamentation
Nederlands: klaaglied

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verseël
Volgende onderwerp: selfversekerd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 26 02:21:53 MGT 2024