Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nesskop
nesskop [boodskap #135659] Ma, 08 Februarie 2021 09:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nesskop
Afbreking: nes•skop
Samestelling: nes + skop


Werkwoord: skop nes, nesskop
Verlede tyd: het nesgeskop

Betekenis:
• 'n Nes bou deur in die grond te skop en te krap.
• (figuurlik) 'n Blyplek inrig, of planne maak om te trou.

Gebruik:
• As 'n rot- of muisprobleem by 'n huis ontstaan, moet mens eers vasstel hoekom die knaagdiere daar nesskop voordat gif uitgesit word.
• Dit lyk of die verliefde paartjie wil nesskop. Sommige mense dink nesskop is vir die voëls.

Sinoniem:
• huismaak
• huisbou
• nesmaak

Afgelei:
• nesskoppery

Vertaling:
Engels: to make a nest
Nederlands: een nest bouwen; zich vestigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ingrypend
Volgende onderwerp: hartelus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 26 02:39:26 MGT 2024