veldblom [boodskap #135655] |
Ma, 08 Februarie 2021 06:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veldblom
Afbreking: veld•blom
Samestelling: veld + blom
Selfstandige naamwoord: veldblom
Meervoud: veldblomme
Verkleinwoord: veldblommetjie
Meervoud van verkleining: veldblommetjies
Betekenis:
• 'n Blom wat wild in die veld groei.
Gebruik:
• Die mens se lewe is soos die lewe van 'n plant, hy groei soos 'n veldblom, en wanneer die wind daaroor gewaai het, dan is die blom weg, niemand weet waar hy gegroei het nie. [Psalms 103:15-16]
Afgelei:
• veldblomtuin
Hiponiem:
• kosmos
• Maartblom
Vertaling:
Engels: wild flower
Nederlands: veldbloem
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|