doodgewoon [boodskap #135648] |
So, 07 Februarie 2021 11:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
doodgewoon
Afbreking: dood•ge•woon
Samestelling: dood + gewoon
Byvoeglike naamwoord: doodgewoon
Attributief: doodgewone
Partitief: doodgewoons
Betekenis:
• Intensiewe vorm van gewoon; baie gewoon.
• Eenvoudig.
Gebruik:
• Al is ek doodgewoon het ek tog liefde gevind, al was dit op 'n doodgewone manier met 'n ongewone meisie.
• Doen doodgewoon wat reg is.
Sinoniem:
• algemeen
• alledaags
• konvensioneel
• middelmatig
• saai
• sieldodend
Antoniem:
• buitengewoon
Vertaling:
Engels: quite common, very usual
Nederlands: doodgewoon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|