reologie [boodskap #135638] |
Sa, 06 Februarie 2021 10:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
reologie
Afbreking: re•o•lo•gie
Samestelling: reo- + logie
Selfstandige naamwoord: reologie
Meervoud: –
Betekenis:
• Tak van die fisika wat die vervorming en vloei van materiale bestudeer.
Gebruik:
• Reologie beskryf die verhouding tussen die opgelegde spanning (of krag) op 'n materiaal en die vervorming wat daardeur teweeggebring word.
Sinoniem:
• stroomleer
• vloeiingsleer
Vertaling:
Engels: rheology
Nederlands: reologie, stromingsleer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|