krioel [boodskap #135636] |
Sa, 06 Februarie 2021 09:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
krioel
Afbreking: kri•oel
Werkwoord: krioel
Verlede tyd: het gekrioel
Betekenis:
• Om deurmekaar en in groot getalle te beweeg.
• (figuurlik) Om vol van iets te wees.
Gebruik:
• Die omgekrapte miere krioel by die nes uit.
• Haar werkstuk krioel van die foute.
Sinoniem:
• swerm
• wemel
• wriemel
• woel
Vertaling:
Engels: to swarm, pullulate, teem
Nederlands: krioelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|