beuselagtig [boodskap #135631] |
Vr, 05 Februarie 2021 17:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beuselagtig
Afbreking: beu•sel•ag•tig
Byvoeglike naamwoord: beuselagtig
Vergrotende trap: beuselagtiger
Oortreffende trap: beuselagtigste
Attributief: beuselagtige
Partitief: beuselagtigs
Betekenis:
• Van min belang.
Gebruik:
• Die polisie het die klagte as beuselagtig afgemaak en dit nie ten volle ondersoek nie.
Sinoniem:
• betekenisloos
• ligsinnig
• nietig
• niksbeduidend
• onbelangrik
• onbenullig
• onbeduidend
• oppervlakkig
• triviaal
• waardeloos
Afgelei:
• beuselagtigheid
Vertaling:
Engels: trivial, paltry
Nederlands: beuzelachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|