graspol [boodskap #135623] |
Vr, 05 Februarie 2021 10:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
graspol
Afbreking: gras•pol
Samestelling: gras + pol
Selfstandige naamwoord: graspol
Meervoud: graspolle
Verkleinwoord: graspolletjie
Meervoud van verkleining: graspolletjies
Betekenis:
• 'n Klompie gras wat saamgegroei is.
Gebruik:
• In die somer spring die kaalvoetkinders van die een graspol na die ander sodat hul voetjies nie blase op die warm sand brand nie.
Sinoniem:
• grasbondel
• grasstoel
Verwant:
• grassooi
Vertaling:
Engels: tussock, hassock
Nederlands: graspol
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|