Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bekom
bekom [boodskap #135622] Do, 04 Februarie 2021 18:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20806
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bekom
Afbreking: be•kom


Werkwoord: bekom
Verlede tyd: het bekom

Betekenis:
• In eiendom kry.
• 'n Goeie of slegte uitwerking hê.

Gebruik:
• Ek hoop jy het die geld op 'n eerlike wyse bekom.
• As 'n mens 'n ernstige verkoue verwaarloos, kan dit jou dalk suur bekom.

Spreekwoord:
• Dit sal jou suur bekom. [Jy sal spyt wees daaroor.]

Sinoniem:
• aankoop
• aanskaf
• bykry
• inwin
• kry
• ontvang
• optel
• verkry
• verwerf
• wen

Afgelei:
• bekombaar

Vertaling:
Engels: to get, obtain, acquire
Nederlands: bekomen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: katterig
Volgende onderwerp: graspol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 29 15:00:26 MGT 2024