Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afhang
afhang [boodskap #135613] Thu, 04 February 2021 12:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
afhang
Afbreking: af•hang
Samestelling: af + hang


Werkwoord: hang af, afhang
Verlede tyd: het afgehang

Betekenis:
• Afhanklik wees van; staatmaak of reken op; berus.
• Ná benede hang; ondertoe lê; neerhang.

Gebruik:
• Bid asof jou lewe daarvan afhang!
• Die melkhoutbome is met mos bedek wat soos 'n ou man se baard van die takke afhang.

Afgelei:
• afhangend
• afhanklik

Vertaling:
Engels: to depend; to hang down
Nederlands: afhangen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: alikreukel
Volgende onderwerp: perron
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 25 23:05:35 UTC 2025