alikreukel [boodskap #135612] |
Wed, 03 February 2021 20:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
alikreukel
Afbreking: a•li•kreu•kel
Selfstandige naamwoord: alikreukel
Meervoud: alikreukels
Verkleinwoord: alikreukeltjie
Meervoud van verkleining: alikreukeltjies
Betekenis:
• Eetbare seeslak, Littorina littorea.
Gebruik:
• Die vermeende stropers is met perlemoen en alikreukel in hul besit betrap.
Wisselvorm:
• alikruikel
• arikreukel
• arikruik
• arikruikel
Sinoniem:
• katoog
Vertaling:
Engels: periwinkle, winkle
Nederlands: alikruik
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|