bleskop [boodskap #135593] |
Tue, 02 February 2021 16:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bleskop
Afbreking: bles•kop
Samestelling: bles + kop
Selfstandige naamwoord: bleskop
Meervoud: bleskoppe
Verkleinwoord: bleskoppie
Meervoud van verkleining: bleskoppies
Betekenis:
• Persoon sonder hare of met 'n kaal kol op die kop.
Gebruik:
• Die bleskop lyk maar nors.
Sinoniem:
• kaalkop
• pankop
• ringkop
Afgelei:
• bleskopman
Verwant:
• borselkop
• poenskop
Vertaling:
Engels: bald head
Nederlands: kaalkop
Byvoeglike naamwoord: bleskop
Attributief: bleskop
Betekenis:
• Sonder hare of met 'n kaal kol in die hare.
Gebruik:
• Ek sien jy is al amper bleskop.
Vertaling:
Engels: bald-headed
Nederlands: kaalhoofdig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|