bynaam [boodskap #135591] |
Tue, 02 February 2021 09:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bynaam
Afbreking: by•naam
Samestelling: by + naam
Selfstandige naamwoord: bynaam
Meervoud: byname
Verkleinwoord: bynaampie
Meervoud van verkleining: bynaampies
Betekenis:
• 'n Alternatiewe naam vir iets of iemand.
Gebruik:
• Voor sy inhegtenisneming het Elias Xitavhudzi die bynaam Pangaman gekry, omdat dit die wapen is waarmee hy sy slagoffers vermoor het.
Sinoniem:
• alias
Verwant:
• noemnaam
• skelnaam
• roepnaam
• skuilnaam
• spotnaam
• verhoognaam
Vertaling:
Engels: nickname
Nederlands: bijnaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|