impulsief [boodskap #135585] |
Mon, 01 February 2021 19:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
impulsief
Afbreking: im•pul•sief
Samestelling: impuls + -ief
Byvoeglike naamwoord: impulsief
Vergrotende trap: impulsiewer
Oortreffende trap: impulsiefste
Attributief: impulsiewe
Partitief: impulsiefs
Betekenis:
• Wat op impuls (die ingewing van die oomblik) reageer; spontaan en sonder rustige beraad.
Gebruik:
• Sommige mense is geneig om impulsief te wees, maar die verstandige man beplan vooruit.
Afgelei:
• impulsiwiteit
Vertaling:
Engels: impulsive
Nederlands: impulsief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|