Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rondomtalie
rondomtalie [boodskap #135580] Mon, 01 February 2021 12:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
rondomtalie
Afbreking: rond•om•ta•lie
Samestelling: rondom + talie


Bywoord: rondomtalie

Betekenis:
• Om verspot in 'n kring of in die rondte te draai.

Gebruik:
• Die kinders draai rondomtalie tot hulle op die gras neerval.

Vertaling:
Engels: round and round
Nederlands: rond en rond

'n Rondomtalie.
'n Rondomtalie.

Selfstandige naamwoord: rondomtalie
Meervoud: rondomtalies
Verkleinwoord: rondomtalietjie
Meervoud van verkleining: rondomtalietjies

Betekenis:
• 'n Mallemeule (draaiende toestel waarop kinders vir hul plesier ry).

Gebruik:
• Pappa, kan ons op die rondomtalie ry?

Vertaling:
Engels: roundabout
Nederlands: rotonde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: avontuurlustig
Volgende onderwerp: interpretasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 15:02:26 UTC 2025