aantrekkingskrag [boodskap #135577] |
Sun, 31 January 2021 19:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aantrekkingskrag
Afbreking: aan•trek•kings•krag
Samestelling: aantrekking + -s- + krag
Selfstandige naamwoord: aantrekkingskrag
Meervoud: aantrekkingskragte
Verkleinwoord: aantrekkingskraggie
Meervoud van verkleining: aantrekkingskraggies
Betekenis:
• Iets of iemand se vermoë om ander mense nader te lok; aanloklikheid; aantreklikheid.
• (fisika) Krag wat voorwerpe op mekaar uitoefen; swaartekrag; gravitasiekrag.
Gebruik:
• Liefde is soveel meer as die onderlinge aantrekkingskrag tussen mense.
• Getye word veroorsaak deur die aantrekkingskrag wat die maan op die see uitoefen.
Vertaling:
Engels: force of attraction, attractive force
Nederlands: aantrekkingskracht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|