bestendig [boodskap #135572] |
Sun, 31 January 2021 16:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bestendig
Afbreking: be•sten•dig
Byvoeglike naamwoord: bestendig
Vergrotende trap: bestendiger
Oortreffende trap: bestendigste
Attributief: bestendige
Partitief: bestendigs
Betekenis:
• Wat nie maklik of gereeld verander nie.
Gebruik:
• Die kerk se lidmaattal het verbasend bestendig gebly.
Sinoniem:
• blywend
• konstant
• standvastig
Antoniem:
• onbestendig
Afgelei:
• bestendiges
• bestendigheid
Vertaling:
Engels: steady, lasting, constant, enduring
Nederlands: bestendig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|