katarak [boodskap #135565] |
Sat, 30 January 2021 16:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
katarak
Afbreking: ka•ta•rak
Selfstandige naamwoord: katarak
Meervoud: katarakte
Betekenis:
• (medies) 'n Vertroebeling van die ooglens, die hoofoorsaak van blindheid.
• (geologie) 'n Vlak en onbevaarbare stroomversnelling in 'n rivier.
Gebruik:
• Die katarak word in 'n chirurgiese prosedure verwyder deur die ondeursigtige lens met 'n kunsmatige lens te vervang.
• Daar is ses katarakte in die Nyl.
Afgelei:
• katarakchirurgie
• katarakoperasie
Vertaling:
Engels: cataract
Nederlands: cataract
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|