| opdien [boodskap #135542] |
Wo., 27 Januarie 2021 17:11 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opdien
Afbreking: op•dien
Samestelling: op + dien
Werkwoord: dien op, opdien
Verlede tyd: het opgedien
Betekenis:
• Om eet- en drinkgoed op die tafel te sit.
Gebruik:
• Sy wou sop opdien, maar het toe besluit dat pannekoek beter by die weer sal pas.
Sinoniem:
• bedien
• opdis
• voorsit
Afgelei:
• opdienbak
• opdienbord
• opdiening
• opdienskottel
• opdienvoorstel
Vertaling:
Engels: to serve
Nederlands: opdienen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|