judasbok [boodskap #135529] |
Wed, 27 January 2021 07:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
judasbok
Afbreking: ju•das•bok
Samestelling: judas + bok
Selfstandige naamwoord: judasbok
Meervoud: judasbokke
Verkleinwoord: judasbokkie
Meervoud van verkleining: judasbokkies
Betekenis:
• Voorbok by 'n slagpale wat skape en bokke deur 'n drukgang by die slaghok inlei.
Gebruik:
• Die judasbok is gewoonlik spekvet en word toegelaat om vir 'n ekstra happie voer by 'n sydeur uit te glip.
Vertaling:
Engels: Judas goat
Nederlands: judasgeit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|