driekwart [boodskap #135528] |
Tue, 26 January 2021 19:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
driekwart
Afbreking: drie•kwart
Samestelling: drie + kwart
Byvoeglike naamwoord: driekwart
Attributief: –
Betekenis:
• Drie vierdes (¾) van iets, of iets waarvan 'n kwart (¼) ontbreek.
Gebruik:
• Die glas is driekwart vol.
Vertaling:
Engels: three-fourths
Nederlands: driekwart
Selfstandige naamwoord: driekwart
Meervoud: driekwarte
Betekenis:
• Drie dele van ¼ elk.
• (rugby) 'n Senter of vleuel in rugby; sneller.
Gebruik:
• Meer as 'n driekwart van mense byt eerste die sjokoladehasie se oortjies af.
• Hy is 'n uitstekende driekwart, maar nie 'n goeie losskakel nie.
Afgelei:
• driekwartbed
• driekwartmou
Vertaling:
Engels: three-quarters; three-quarter
Nederlands: driekwart
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|