| ligtoring [boodskap #135526] |
Di., 26 Januarie 2021 13:44 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Ligtoring.
ligtoring
Afbreking: lig•to•ring
Samestelling: lig + toring
Selfstandige naamwoord: ligtoring
Meervoud: ligtorings
Verkleinwoord: ligtorinkie
Meervoud van verkleining: ligtorinkies
Betekenis:
• 'n Toring wat ligseine uitstuur om skepe teen gevaarlike rotse te waarsku.
Gebruik:
• Die ligtoring op Dasseneiland is een van die belangrikstes op die Kaapse seeroete en word te alle tye beman.
Sinoniem:
• vuurtoring
Vertaling:
Engels: lighthouse
Nederlands: lichttoren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|