Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » seeperd
seeperd [boodskap #135523] Tue, 26 January 2021 12:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Seeperdjie.
'n Seeperdjie.
Die perde van Neptunus.
Die perde van Neptunus.
seeperd
Afbreking: see•perd
Samestelling: see + perd


Selfstandige naamwoord: seeperd
Meervoud: seeperde
Verkleinwoord: seeperdjie
Meervoud van verkleining: seeperdjies

Betekenis:
• Vissie met 'n kop wat soos 'n perd s'n lyk (genus Hippocampus).
• (mitologie) Perd van die seegod Neptunus.
• (ongewoon) 'n Walrus.

Gebruik:
• 'n Seeperdjie kan homself met sy grypstert aan 'n voorwerp anker as hy wil rus.
• Neptunus se strydwa is deur 'n seeperd getrek.
• Die walrus se wetenskaplike naam is Odobenus rosmarus, wat "tandwandelende seeperd" beteken.

Vertaling:
Engels: seahorse
Nederlands: zeepaard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: huweliksmaat
Volgende onderwerp: walrus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 16:01:18 UTC 2025