Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agterdeur
agterdeur [boodskap #135498] Sun, 24 January 2021 07:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
agterdeur
Afbreking: ag•ter•deur
Samestelling: agter + deur


Selfstandige naamwoord: agterdeur
Meervoud: agterdeure
Verkleinwoord: agterdeurtjie
Meervoud van verkleining: agterdeurtjies

Betekenis:
• 'n Deur aan die agterkant van 'n gebou.
• (figuurlik) 'n Nie-amptelike pad of metode.
• (ongewoon) Van agter af deur.

Gebruik:
• Maak asseblief seker dat die agterdeur gesluit is voordat jy gaan slaap.
• 'n Kraker het die maatskappy se bedieners deur 'n agterdeur binnegedring.
• Die bok het die skoot agterdeur gehad.

Spreekwoord:
• Op iemand se agterdeur lê. [Iemand baie besoek.]
• Hou 'n agterdeur oop. [Sorg vir 'n moontlike uitweg.]
• Hy kruip by die agterdeur in. [Verkry 'n bevoorregte posisie op 'n onreëlmatige manier.]
• Dit gaan vinniger by die agterdeur uit as wat dit by voordeur inkom. [So baie spandeer dat die inkomste nie die uitgawes dek nie.]
• As armoede by die voordeur inkom, gaan die liefde by die agterdeur uit. [Liefde word in die getroude lewe minder as die armoede druk.]

Antoniem:
• voordeur

Afgelei:
• agterdeurbeleid

Vertaling:
Engels: back door; loophole
Nederlands: achterdeur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aktueel
Volgende onderwerp: agterbaks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 16:02:21 UTC 2025