afluister [boodskap #135496] |
Sat, 23 January 2021 20:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afluister
Afbreking: af•luis•ter
Samestelling: af + luister
Werkwoord: luister af, afluister
Verlede tyd: het afgeluister
Betekenis:
• Ongemerk na ander se gesprekke luister.
Gebruik:
• Die Geheime Diens kan blykbaar mense afluister deur hul selfone se mikrofone te aktiveer.
Sinoniem:
• beluister
• inluister
• meeluister
Verwant:
• afluisteraar
• afluisterapparaat
• afluistery
Vertaling:
Engels: to eavesdrop
Nederlands: afluisteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|