beterweterigheid [boodskap #135480] |
Fri, 22 January 2021 13:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beterweterigheid
Afbreking: be•ter•we•te•rig•heid
Samestelling: beterweterig + -heid
Selfstandige naamwoord: beterweterigheid
Meervoud: –
Betekenis:
• Die toestand of eienskap van beterweterig wees; van alles beter as ander weet.
Gebruik:
• Beterweterigheid en arrogansie het al baie dinge wat goed moes werk in die wiele gery.
Vertaling:
Engels: pedantry
Nederlands: betweterigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|