rewolusie [boodskap #135466] |
Thu, 21 January 2021 08:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rewolusie
Afbreking: re•wo•lu•sie
Selfstandige naamwoord: rewolusie
Meervoud: rewolusies
Verkleinwoord: rewolusietjie
Meervoud van verkleining: rewolusietjies
Betekenis:
• Skielike en radikale omwenteling in politieke mag, of figuurlik, 'n omkeer in hoe mens oor iets dink.
• 'n Beweging in die rondte.
Gebruik:
• 'n Rewolusie verorber soms haar eie kinders.
• Die motor draai teen 'n 1000 rewolusies per sekonde.
Wisselvorm:
• revolusie
Afgelei:
• paleisrewolusie
• teenrewolusie
Vertaling:
Engels: revolution
Nederlands: revolutie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|