inklusief [boodskap #135462] |
Wed, 20 January 2021 17:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inklusief
Afbreking: in•klu•sief
Byvoeglike naamwoord: inklusief
Attributief: inklusiewe
Betekenis:
• Wat ingesluit is.
• Met inbegrip van.
Gebruik:
• Danny Titus het Afrikaans meer toeganklik en inklusief gemaak.
• Meeste lande in Afrika, Suid-Afrika inklusief, het korrupte regerings.
Sinoniem:
• allesomvattend
• ingeslote
• insluitend
• meegereken
Antoniem:
• eksklusief
Afkorting:
• inkl.
Vertaling:
Engels: inclusive, including
Nederlands: inclusief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|