koffiehuis [boodskap #135452] |
Tue, 19 January 2021 13:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koffiehuis
Afbreking: kof•fie•huis
Samestelling: koffie + huis
Selfstandige naamwoord: koffiehuis
Meervoud: koffiehuise
Verkleinwoord: koffiehuisie
Meervoud van verkleining: koffiehuisies
Betekenis:
• Winkel waar mens koffie en verwante nie-alkoholiese drankies kan nuttig.
Gebruik:
• Die koffiehuis het WiFi, so bring sommer jou skootrekenaar saam.
Sinoniem:
• koffiewinkel
Vertaling:
Engels: coffee-house, café
Nederlands: koffiehuis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|